|
![]()
|
|
||
|
|
Green Leaf Projek 2011
Baie dankie aan al die lede van Irene wat dit vir my baie maklik gemaak het om die projek te hanteer.
Sanitêre en kosmetiese artikels wat deur ‘n anonieme persoon geskenk is, is uitgedeel aan ‘n Ouetehuis, Centurion Hospice en aan Collective Inheritance.
Die paaseier projek was weereens ‘n groot sukses. Irene Homes, die kleuterskool by Centurion Hospice was baie ingenome daarmee. Daar is selfs ‘n paar bokse aan Unitas mediese sale en aan die personeel van Magaretha Ackerman tehuis gegee.
Tweedehandse klere en bruikbare artikels is aan Magaretha Ackerman, Irene Homes en Centurion Hospice geskenk, almal altyd dankbaar om ietsie te ontvang.
Met die ysige winter was die kombers projek ‘n reuse sukses. Baie baie dankie! 241 Komberse van goeie gehalte is aan die aftree-oord asook die woonstelbewoners en aan behoeftige inwoners van Danville geskenk. Dit was wonderlik om die dankbaarheid van die mense te sien, en nog groter die vrygewigheid van ons Klublede.
Die Caprisun sappies wat oorgebly het van ons Clover wedloop, is na die kleuterskool in Danville geneem en het hulle dit geniet!
Met ons wedloop in November het ons ‘n aantal kinders van die Helpnet kinderprojek heerlik bederf met ‘n lekker oggend piekniek .
Dit was ‘n groot voorreg om die projek te hanteer en dankie aan al die Klublede wat dit moontlik maak!
Groete, Bertha van den Raad
|